Wildevy Wedding Venue

Wildevy Venue
About Die Wildevy Wedding Venue
Met die natuur as getuie en met jou vriende deel jy die vreude van ‘n Sprokie Bos Troue. Onder die Wildevy beloof jy jou ewige trou aan jou geliefde en jul lewenspad begin in ‘n pers laventel laning.
Vanaf ‘n fyn feetjie troue tot ‘n egte aardse Bos troue kan ons jou bied. Met linte en fyn kant, feetjie ligte, blomme en sagte musiek kan ons die bos omtower of ons kan die bos vir jou gee netsoos die natuur dit gemaak het……. Gebreekte sonlig, singende voëls, bosagtige plantegroei ‘n natuurlike boskerk.
Saam met vriende en geliefdes kan jy dans, kuier en eet in ons grasdak onthaalarea met pragtige boomstompligte en gladde dans vloer. Om swaar kiaat tafels sal jou vriende kan kuier tot 2 uur in die oggend of nabetragting hou om ‘n groot “bonfire” net buite op die grasperk.
Die gekombineerde hout en staal tafels en stoele kan bedek word met tafeldoeke of netso gebruik word vir die “rustic” voorkoms. Met die swaar boomstomp groepligte wat vanuit die dak hang is dit klaar ‘n jeuglike okasie ….. jy moet net jou musiek en idees bring dan hou ons vir jou ‘n droomtroue.

Bos Kerkie en Onthaal areas
Bos Kerkie en Onthaal areas
'n Slingerpaadjie lei jou na 'n natuurlike boskerkie waar jou gaste op klipbankies in jou geluk sal deel en die Wildevy boom sal instaan as 'n groot
skaduwee getuie. Omring met woudagtige plantegroei en
groengras is hierdie mooi koepel kerkie.
By 'n niervormige dammetjie sal foto's hierdie gebeurtenis
verewig in die bos. Na die seremonie kan julle afstap in 'n
laventel wandellaan tot in 'n pragtige tuin onder 'n reuse
Wildevy boom waar die voorgereg bedien kan word asook
'n hele tuintroue kan plaasvind.
Ons het 2 onthaal areas:
Onthaal 1:
'n Pragtige tuin onder 'n reusagtige Wildevy boom wat lewse kry in die aand met beligting. Julle kan dans onder 'n sterrehemel en 'n "bonfire" vervolmaak hierdie informele samesyn.
Onthaal 2:
In 'n 230m² grasdak gebou met pragtige boomstomp belingting en swaar houttafels en stoele kan ons 'n formele of informele sprokie onthaal hou.


Spyseniering
Spyseniering
Daar is geen “fixed” menu of besliste reëls nie. Elke paartjie se kos smaak word gekombineer in ‘n feesmaal. Hier by Die Wildevy is ‘n buffet ete nie net ‘n opskeppunt nie. Ons begin onder die wildevyboom met ‘n voorgereg
terwyl julle die oomblik op film vaslê. Hier is dit ‘n oop
menu vanaf tuiisgebakte warm broodjies, tuisgemaakte
konfyt, biltong, patees, kaasborde,vrugteborde tot fyn
vingerhappies wat deur kelners rond gedra word. Hier by
Die Wildevy word jou gaste getrakteer op van die beste
vleissnitte gaargemaak met groot sorg en kennis. Met 4
vleissoorte, 2 stysels, 8 groentes en slaaie sal elke gas
by die troue se smaakkliere geprikkel word. Om hierdie
feesmaal af te sluit sal daar ‘n buffet van nageregte wees wat die laaste gedagte van jou Trou Menu sal aanneem en jy wil hê dit moet ‘n soet gedagte wees. Ons kan vir jou ‘n “sweets” tafel gee met tuisgemaakte lekkers wat jou kleur skakering onderstreep of ‘n poeding tafel voorsit met outydse skilferkors melktert, appeltert, karamel malvapoeding, die mooiste jellies, wortelkoek, fluweelkoek, tuisgemaakte roomys en nog baie meer.
Hier is net ‘n voorstel waarvan jy kan kies.
-
Sappige roosmaryn lam en varkboude sal netjies in
dun skywe bedien word. -
Skaaptjops gebraai op oop kole
-
Oondgebraaide “sticky” hoender dye
-
Hoenderpastei
-
Hoender fillets
-
Bees rolrib
-
Wildsvleis pot of Wildsvleis pastei
-
Bees Roast
-
Mostert tongvleis
-
Heerlike Rump steak perfek gebraai minute voor
opdien -
Verskillende potjie kos om uit te kies
-
Enige rys of koring
-
Enige aartappel Gebak
-
Enige vorm van paptert tot krummel pap
-
Pampoentert of pampoenkoekies in karamelsous of
gebraaide pampoen -
Enige soort patats
-
Outydse sagte “sout” boontjies of enige vorm van
boontjies -
Broccoli en Blomkool met wit kaassous
-
Enige wortels of geroosterde groente wat u wil hè
-
Geroosterde groente mengsel
-
Uitpakslaai
-
Beet en Maaskaasring
-
Ertjieslaai
-
Peer en Bloukaasslaai
-
Of enige slaai wat u wil hè …. Dit kan slegs vleis en
slaai ook wees
Soos ek genoem het is die nagereg die laaste gedagte
van jou trou menu wat ons kan verewig met jou kleurtema.
Bv. ‘n Wit Troue met feetjie ligte onder wasige blinkwit
material kan hierdie lekkers in kristalbakke en silwer
borde nooit vergeet word nie.
-
Wit klapperys balletjies
-
Wit turkse lekkers
-
Wit malva lekkers
-
Wit nougat met heuning en neute
-
Brandewyn balletjies gedoop in wit sjokolade
-
Wit klein skuimpies
Of
Buffet van heerlike nagereg tafel vir almal om te kies en
te keur.
Kontak ons vir meer inligting.




